1 KONINGS 18:31 - Compare All Versions
1 KONINGS 18:31 ABA (Bybel vir almal)
Hy het twaalf klippe geneem, een vir elke stam, die nageslag van die seuns van Jakob. Jakob was die man vir wie die Here gesê het: “Jou naam sal Israel wees.”
1 KONINGS 18:31 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders — tot wie die woord van die HERE gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees
1 KONINGS 18:31 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy het twaalf klippe gevat, net soveel as die stamme van die nageslag van Jakob vir wie die Here gesê het: “Jou naam sal Israel wees.”
1 KONINGS 18:31 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elia het twaalf klippe geneem, in ooreenstemming met die getal van die stamme van die seuns van Jakob, vir wie die HERE gesê het: “Israel sal jou naam wees.”
1 KONINGS 18:31 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Elía het twaalf klippe geneem volgens die getal van die stamme van die seuns van Jakob tot wie die woord van die HERE gekom het en gesê het: Israel sal jou naam wees.
1 KONINGS 18:31 DB (Die Boodskap)
Hy het twaalf groterige klippe gevat en dit opmekaargestapel. Die twaalf klippe moes die mense aan die twaalf stamme herinner, asook aan Jakob, wie se naam na Israel verander is.
1 KONINGS 18:31 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy het twaalf klippe gevat, een vir elke stam van die nageslag van Jakob vir wie die HERE gesê het: “Jou naam sal Israel wees.”