1 KONINGS 18:30 - Compare All Versions

1 KONINGS 18:30 ABA (Bybel vir almal)

Toe het Elia vir al die mense gesê: “Kom nader na my toe.” Hulle het nader gekom. Elia het die altaar van die Here wat stukkend was, weer reggemaak.

1 KONINGS 18:30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.

1 KONINGS 18:30 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe sê Elia vir die hele volk: “Kom staan hier by my,” en hulle het almal by hom gaan staan. Toe het hy die stukkende altaar van die Here weer reggemaak.

1 KONINGS 18:30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe sê Elia vir die hele volk: “Kom nader na my toe!” Die hele volk het nader gestaan na hom toe. Hy herstel toe die altaar van die HERE wat afgebreek was.

1 KONINGS 18:30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe sê Elía aan die hele volk: Kom nader na my toe. En die hele volk het nader gekom na hom. En hy het die altaar van die HERE wat afgebreek was, herstel.

1 KONINGS 18:30 DB (Die Boodskap)

Toe het Elia vir hulle gesê: “Kom, staan nader.” Almal het om Elia gaan staan. Hy het die altaar van die Here, wat die Baälprofete beskadig het, eers gou herstel.

1 KONINGS 18:30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe roep Elia die volk: “Kom nader!” Hulle het almal rondom hom kom staan terwyl hy die altaar van die HERE wat afgebreek was, herstel het.