1 KONINGS 18:18
1 KONINGS 18:18 Bybel vir almal (ABA)
Elia het vir Agab gesê: “Dit is nie ék wat die dood in die land Israel bring nie. Jý en jóú familie het dit gedoen toe julle opgehou het om gehoorsaam te wees aan die wette van die Here en toe julle die Baäls begin dien het.
1 KONINGS 18:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het.
1 KONINGS 18:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy antwoord: “Dis nie ek wat die dood oor Israel bring nie, maar jy en jou familie. Julle het die gebooie van die Here verontagsaam en die Baäls gedien.
1 KONINGS 18:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy antwoord: “Ek het Israel nie in die ongeluk gestort nie, maar dit is jy en jou familie, deurdat julle die gebooie van die HERE verontagsaam het, en deurdat jy agter die Baäls aangeloop het.
1 KONINGS 18:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy antwoord: Ek het Israel nie verskrik nie; maar jy en jou vader se huis, deurdat julle die gebooie van die HERE verlaat het en die Baäls gevolg het.