1 KONINGS 18:10
1 KONINGS 18:10 Bybel vir almal (ABA)
So seker soos jou God die Here lewe, my meneer het mense na elke volk en land gestuur om jou te soek. Wanneer die mense gesê het jy is nie daar nie, dan moes hulle belowe en sê die Here is die getuie dat hulle jou nie kan kry nie.
1 KONINGS 18:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So waar as die HERE u God leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my heer nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier nie — dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie.
1 KONINGS 18:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
So seker as die Here u God leef, daar is geen nasie of koninkryk waar die koning u nie probeer opspoor het nie. As hulle sê: ‘Elia is nie hier nie,’ het die koning die koninkryk of die nasie met 'n eed laat bevestig dat hulle u nie kon kry nie.
1 KONINGS 18:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So waar as die HERE, u God, leef, daar is nie 'n nasie of koninkryk waarheen my heer nie boodskappers gestuur het om u te soek nie. As hulle gesê het, ‘Hy is nie hier nie’, het hy dié koninkryk of dié nasie laat sweer dat hulle u nie kon vind nie.
1 KONINGS 18:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So waar as die HERE jou God leef, daar is geen nasie of koninkryk waarheen my heer nie gestuur het om jou te soek nie; en hulle sê: Hy is nie daar nie; hy het 'n eed van die koninkryk en nasie afgelê, dat hulle jou nie gevind het nie.