1 KONINGS 12:10
1 KONINGS 12:10 Bybel vir almal (ABA)
Die jongmanne wat saam met Rehabeam grootgeword het, het vir hom gesê: “Hierdie mense het vir jou gesê dat jou pa hulle baie hard laat werk het, en jy moenie hulle so hard laat werk nie. Jy moet vir hulle sê: ‘My pinkie is dikker as my pa se lyf.
1 KONINGS 12:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, antwoord hom en sê: Só moet u hierdie volk antwoord wat met u gespreek en gesê het: U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak u dit ligter oor ons — só moet u hulle antwoord: My pinkie is dikker as my vader se lendene.
1 KONINGS 12:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “U moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesê: ‘U vader het ons 'n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.’ U moet vir hulle sê: “My pinkie is dikker as my pa se middellyf.
1 KONINGS 12:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die jong manne wat saam met hom grootgeword het, sê toe vir hom: “So moet jy sê vir hierdie volk wat vir jou gesê het, ‘U vader het ons juk swaar gemaak; maar u, maak dit ligter op ons!’ So moet jy dit aan hulle stel, ‘My pinkie is dikker as my vader se middellyf.
1 KONINGS 12:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het met hom gespreek en gesê: So moet jy met hierdie volk spreek wat met jou gespreek het en gesê het: Jou vader het ons juk swaar gemaak, maar maak dit vir ons ligter; so moet jy vir hulle sê: My pinkie sal dikker wees as my vader se lendene.
1 KONINGS 12:10 Die Boodskap (DB)
Die jong mans het geantwoord: “Sê vir hulle: ‘My pinkie is dikker as my pa se middel.’
1 KONINGS 12:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die jong manne wat saam met hom grootgeword het, het hom geantwoord: “Jy moet soos volg reageer teenoor die mense wat gesê het: ‘U pa het ons ’n swaar las laat dra. Verminder tog die arbeidslas.’ Só moet jy vir hulle sê: ‘My pinkie is dikker as my pa se middellyf.