1 KONINGS 11:1-3
1 KONINGS 11:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Koning Salomo was lief vir baie uitlandse vrouens. Behalwe die dogter van die farao het hy ook vrouens uit die Moabiete, Ammoniete, Edomiete, Sidoniërs en Hetiete gehad. Dit was die nasies waarvan die Here vir die Israeliete gesê het: “Julle mag nie met hulle omgaan nie, en julle mag nie toelaat dat hulle met julle omgaan nie, want hulle sal julle net verlei om hulle gode te aanbid.” Salomo het egter juis op hierdie vrouens verlief geraak. Hy het sewe honderd vrouens uit vorstelike families gehad, en ook nog drie honderd byvroue. Dit was sy vrouens wat hom verlei het.
1 KONINGS 11:1-3 Die Boodskap (DB)
Salomo was lief vir buitelandse vroue en hy het baie van hulle gehad. Behalwe die dogter van die Egiptiese koning was hy ook met vroue uit Moab, Ammon, Edom, Sidon en die land van die Hetiete getroud. Salomo het vir hulle lief geraak en met hulle getrou al was die Here daarteen gekant. Hy het Israel altyd gewaarsku om nie met dié vroue te trou nie. Hulle kon Israel baie maklik van die Here af wegrokkel en hulle ander gode laat aanbid. Salomo het met 700 prinsesse van ander lande getrou en dan het hy ook nog 300 byvroue gehad. Hulle het sy hart van die Here af laat wegdraai.
1 KONINGS 11:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Koning Salomo was lief vir baie vroue van ander lande. Hy het getrou met die dogter van die farao en ook met Moabitiese vroue, Ammonitiese vroue, Edomitiese vroue, Sidoniese vroue en Hetitiese vroue. Die Here het vir die Israeliete gesê: “Julle moenie by daardie volke kom nie, en hulle moenie by julle kom nie, want hulle sal julle verlei om ander gode te dien.” Dit was die vroue vir wie Salomo lief was. Hy het getrou met 700 vroue wat dogters van konings was en met 300 byvroue, en sy vroue het hom verlei.
1 KONINGS 11:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese — uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan — Salomo het hulle met liefde aangehang. En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het.
1 KONINGS 11:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad. Saam met die dogter van die farao was daar Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese en Hetitiese vroue, vroue uit die nasies van wie die HERE vir die Israeliete gesê het: “Julle mag met hulle nie omgaan nie, en hulle mag met julle nie omgaan nie. Hulle sal beslis julle harte verlei om hulle gode te volg.” Salomo was juis aan hierdie gode verknog. Hy het sewehonderd vroue van koninklike stand en driehonderd byvroue gehad. Sy vroue het sy hart verlei.
1 KONINGS 11:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar koning Salomo het baie vreemde vroue liefgehad, saam met die dogter van Farao, vroue van die Moabiete, Ammoniete, Edomiete, Sidoniërs en Hetiete; Van die nasies waaroor die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie by hulle ingaan nie, en hulle mag nie na julle ingaan nie; En hy het sewe honderd vroue, prinsesse en drie honderd byvroue gehad, en sy vroue het sy hart afgewend.
1 KONINGS 11:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Koning Salomo het baie buitelandse vroue liefgekry. Benewens die farao se dogter het hy vroue uit Moab, Ammon, Edom, Sidon en uit die Hetiete gehad. Die HERE het duidelik vir die Israeliete gesê: “Julle mag nie met hierdie nasies ondertrou nie. Hulle sal julle verlei om hulle gode te aanbid.” Nogtans het Salomo op hulle verlief geraak. Hy het 700 vroue van koninklike afkoms gehad en 300 byvroue. Hierdie vroue het hom toe inderdaad verlei.