1 KONINGS 1:6
1 KONINGS 1:6 Bybel vir almal (ABA)
Vandat hy klein was, het sy pa nooit met hom geraas nie en nooit vir hom gevra hoekom hy verkeerde dinge gedoen het nie. Adonia was 'n mooi man en hy was Absalom se jonger broer.
1 KONINGS 1:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom ná Absalom gebaar.
1 KONINGS 1:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy vader het hom van kleins af nooit berispe of vir hom gevra: “Hoekom maak jy so?” nie. Adonia, die jonger broer van Absalom, was 'n baie mooi man.
1 KONINGS 1:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy lewe lank het sy vader hom nie tereggewys deur te sê, “Hoekom tree jy so op?” nie. Ook hy was 'n besonder aantreklike man. Sy moeder het hom ná Absalom in die wêreld gebring.
1 KONINGS 1:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy vader het hom nog nooit in die oë geslaan deur te sê: Waarom het jy so gedoen nie? en hy was ook 'n baie mooi man; en sy moeder het hom ná Absalom gebaar.