1 KONINGS 1:5
1 KONINGS 1:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Intussen het Adonia, seun van Dawid en sy vrou Gaggit, ewe hoogmoedig by homself gedink: ek gaan binnekort koning wees. Hy skaf toe vir hom 'n strydwa met ruiters aan, en vyftig man om voor hom uit te hardloop.
1 KONINGS 1:5 Bybel vir almal (ABA)
Adonia, die seun van Dawid en sy vrou Gaggit, het gedink hy is die belangrikste seun van Dawid en hy wou graag koning word. Adonia het vir hom 'n oorlogkar en perde gekry en hy het 50 manne voor hom laat hardloop.
1 KONINGS 1:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Intussen was Adónia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.
1 KONINGS 1:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Adonia, seun van Gaggit, het homself verhef deur te sê: “Ek is die een wat koning gaan word!” Hy het vir homself strydwaens en spanne perde aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit hardloop.
1 KONINGS 1:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Adonia, die seun van Haggit, homself verhef en gesê: Ek sal koning word; en hy het vir hom strydwaens en ruiters en vyftig man voorberei om voor hom uit te hardloop.