1 KONINGS 1:29 - Compare All Versions

1 KONINGS 1:29 ABA (Bybel vir almal)

Die koning het toe belowe en gesê: “So seker soos die Here lewe, die Here wat elke maal my lewe gered het toe dit vir my gevaarlik was

1 KONINGS 1:29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe sweer die koning en sê: So waar as die HERE leef wat my uit alle benoudheid verlos het

1 KONINGS 1:29 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe lê die koning 'n eed af en sê: “So seker as die Here leef wat my uit alle benoudheid verlos het

1 KONINGS 1:29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die koning lê toe 'n eed af en sê: “So waar as die HERE leef, Hy wat my lewe uit alle nood gered het

1 KONINGS 1:29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die koning het gesweer en gesê: So waar as die HERE leef, wat my siel uit alle benoudheid verlos het!

1 KONINGS 1:29 DB (Die Boodskap)

Toe het hy vir haar gesê: “Ek belowe voor die lewende Here, die God wat my uit soveel moeilikhede en probleme gehelp het

1 KONINGS 1:29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die koning lê toe ’n eed af: “So seker as wat die HERE leef wat my uit elke gevaar gered het