1 JOHANNES 4:16
1 JOHANNES 4:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle.
1 JOHANNES 4:16 Bybel vir almal (ABA)
Ons het gesien en geglo dat God lief is vir ons. God is liefde, en almal wat vashou aan sy liefde, bly by Hom en Hy bly by hulle.
1 JOHANNES 4:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.