1 JOHANNES 3:6
1 JOHANNES 3:6 Bybel vir almal (ABA)
Mense wat aan Hom behoort, hou nie aan om sonde te doen nie, maar mense wat aanhou om sonde te doen, glo nie in Hom nie en hulle ken Hom nie.
1 JOHANNES 3:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.
1 JOHANNES 3:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie.
1 JOHANNES 3:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elkeen wat in Hom bly, sondig nie meer nie; elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien, en Hom nie leer ken nie.
1 JOHANNES 3:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Elkeen wat in hom bly, sondig nie; elkeen wat sondig, het hom nie gesien en hom nie geken nie.
1 JOHANNES 3:6 Die Boodskap (DB)
Wie nou in ’n intieme verhouding met Jesus staan, sal mos nie ’n gewoonte daarvan wil maak om op die sonde se voorstoep te speel nie. Wie gedurig só agter die sonde aanloop, gee eintlik deur sy lewe te kenne: “Ek weet nie wie Jesus is nie; ek het Hom nog nooit gesien nie en ken Hom nie.”