1 JOHANNES 2:3-5 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
1 JOHANNES 2:3-5 AFR83 (Afrikaans 1983)
As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
1 JOHANNES 2:3-5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EN hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom — en sy gebooie nie bewaar nie — is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.
1 JOHANNES 2:3-5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
En hieraan weet ons dat ons Hom regtig ken: as ons sy opdragte gehoorsaam. As iemand sê: “Ek leef in ’n persoonlike verhouding met God,” maar nie sy opdragte gehoorsaam nie, voer só ’n persoon ’n leuenlewe en het die waarheid nie plek in sy lewe nie. Wie egter sy woord gehoorsaam, in só ’n persoon se lewe het die liefde vir God regtig sy doel bereik. Daardeur weet ons ook dat ons baie nou aan Hom verbind is.
1 JOHANNES 2:3-5 DB (Die Boodskap)
Maar ons kan ons afvra: Hoe kan ons seker weet dat ons Hom so goed ken dat Hy dit alles vir ons sal doen? Wel, as ons graag doen wat Hy van ons vra, kan ons seker wees. Daarteenoor is iemand wat beweer: “Ek ken Hom baie goed,” maar nie doen wat Jesus vra nie, natuurlik ’n leuenaar. So iemand kan nie eens “waarheid” spel nie. Die liefde wat God gee, blom en bloei juis in hom wat gehoorsaam luister na wat Jesus wil hê.
1 JOHANNES 2:3-5 ABA (Bybel vir almal)
As ons doen wat God se wette vir ons sê, dan weet ons dat ons Hom ken. As mense sê hulle ken God, maar hulle doen nie wat Hy sê hulle moet doen nie, dan lieg hulle en hulle aanvaar nie die waarheid nie. Maar as mense doen wat God vir hulle sê, dan kan 'n mens sien dat hulle regtig baie lief is vir God. As ons só lewe, dan weet ons dat ons by God is.
1 JOHANNES 2:3-5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
En dit is hoe ons weet dat ons Hom ken: As ons sy gebooie onderhou. Iemand wat sê, “Ek ken Hom,” maar sy gebooie nie onderhou nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie; maar wie sy woorde gehoorsaam – in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword, en hieruit weet ons dat ons in Hom is.
1 JOHANNES 2:3-5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hieraan weet ons dat ons Hom ken, as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken hom en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword; hieraan weet ons dat ons in hom is.