1 JOHANNES 2:28-29
1 JOHANNES 2:28-29 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle moet by Jesus bly. Dan, wanneer Jesus weer kom, sal ons nie bang wees nie, ons sal nie wil wegvlug van Hom nie. Julle weet dat Jesus altyd gehoorsaam is aan God. Daarom moet julle ook onthou: Almal wat lewe soos God wil hê, is kinders van God.
1 JOHANNES 2:28-29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie. As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.
1 JOHANNES 2:28-29 Afrikaans 1983 (AFR83)
En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie. Aangesien julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat regverdig lewe, 'n kind van God is.
1 JOHANNES 2:28-29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En nou, kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn, en nie met sy wederkoms deur Hom in die skande gestel word nie. As julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat doen wat reg is, uit Hom gebore is.
1 JOHANNES 2:28-29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, kinders, bly in Hom; sodat ons, wanneer Hy verskyn, vrymoedigheid kan hê en nie beskaamd staan voor Hom by sy koms nie. As julle weet dat hy regverdig is, weet julle dat elkeen wat geregtigheid doen, uit hom gebore is.
1 JOHANNES 2:28-29 Die Boodskap (DB)
My liewe kinders, konsentreer nou daarop om baie naby aan Jesus te bly leef. Julle vra waarom. Wanneer Jesus sigbaar terugkom, sal julle dan nie so skaam hoef te voel dat julle wil weghardloop nie. Nie kop onderstebo nie, maar met oop arms sal julle Hom dan kan verwelkom. Julle weet mos dat Jesus se verhouding met God in elke opsig foutloos is. In alles wat Hy doen, tree Hy reg op. Dít is vir julle die toets: elkeen wat so volgens God se wil reg optree, is ’n ware kind van God.
1 JOHANNES 2:28-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En nou, kinders, leef in ’n hegte verhouding met Hom sodat, wanneer Hy ook al verskyn, ons die vrymoedigheid kan hê om nie beskaamd te staan by sy koms nie. As julle dan met die wete leef dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat reg leef, deur Hom verwek is.