1 JOHANNES 2:28
1 JOHANNES 2:28 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle moet by Jesus bly. Dan, wanneer Jesus weer kom, sal ons nie bang wees nie, ons sal nie wil wegvlug van Hom nie.
1 JOHANNES 2:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie.
1 JOHANNES 2:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie.
1 JOHANNES 2:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En nou, kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn, en nie met sy wederkoms deur Hom in die skande gestel word nie.
1 JOHANNES 2:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, kinders, bly in Hom; sodat ons, wanneer Hy verskyn, vrymoedigheid kan hê en nie beskaamd staan voor Hom by sy koms nie.
1 JOHANNES 2:28 Die Boodskap (DB)
My liewe kinders, konsentreer nou daarop om baie naby aan Jesus te bly leef. Julle vra waarom. Wanneer Jesus sigbaar terugkom, sal julle dan nie so skaam hoef te voel dat julle wil weghardloop nie. Nie kop onderstebo nie, maar met oop arms sal julle Hom dan kan verwelkom.