1 JOHANNES 2:18
1 JOHANNES 2:18 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, die einde van die wêreld is naby. Julle het gehoor dat die antichris kom. Daar is nou baie antichriste, en daarom weet ons dat die einde van die wêreld naby is.
1 JOHANNES 2:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KINDERS, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is.
1 JOHANNES 2:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kinders, dit is die laaste uur. Julle het gehoor dat daar 'n antichris kom; en daar is nou reeds baie antichriste. Daaruit weet ons dat dit die laaste uur is.
1 JOHANNES 2:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kinders, dit is die laaste uur. Soos julle gehoor het, kom die Antichris, en nou is daar reeds baie antichriste; hieraan weet ons dat dit die laaste uur is.
1 JOHANNES 2:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kinders, dit is die laaste keer; en soos julle gehoor het dat die Antichris sal kom, is daar ook nou baie antichriste; waardeur ons weet dat dit die laaste keer is.
1 JOHANNES 2:18 Die Boodskap (DB)
My liewe kinders, die tyd na die einde toe begin nou min word. Julle het mos gehoor dat die antichris aan die kom is. Dit is die een wat dink hy kan Christus se plek inneem. Kyk ’n bietjie rond, daar is sommer baie sulke opponente van Christus wat skielik oral opduik. Daarom weet ons dat die tyd na die einde toe vinnig nader kom.