1 JOHANNES 2:11
1 JOHANNES 2:11 Bybel vir almal (ABA)
As mense ander gelowiges haat, dan lewe hulle in die donker. Hulle is soos mense wat in die donker loop en nie weet waarnatoe hulle gaan nie, want die donker maak hulle blind.
1 JOHANNES 2:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë verblind het.
1 JOHANNES 2:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wie sy broer haat, is in die duisternis en lewe in die duisternis en weet nie waar hy gaan uitkom nie, omdat die duisternis hom blind gemaak het.
1 JOHANNES 2:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wie sy broer haat, is in die duisternis, en wandel in die duisternis, en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë blind gemaak het.
1 JOHANNES 2:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy wat sy broer haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, want daardie duisternis het sy oë verblind.
1 JOHANNES 2:11 Die Boodskap (DB)
die persoon wat niks omgee vir sy medemens nie - al is sy woorde hoe godsdienstig en vroom - leef steeds in die duisternis. Hy is soos iemand wat in die donker voortstrompel. Hy het geen idee waarheen hy op pad is of waar hy gaan uitkom nie. Omdat dit so donker is, loop hy soos ’n blinde man rond. Daarteenoor leef die persoon wat sy broer of suster liefhet, voortdurend in die lig. Juis daarom struikel hy ook nie sommer nie.