1 JOHANNES 2:1-2
1 JOHANNES 2:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Liewe vriende, ek skryf hierdie dinge vir julle omdat ek wil hê julle moenie sonde doen nie. Maar as ons sonde doen, dan kan ons seker wees dat ons Iemand by die Vader het wat vir Hom vra om ons te vergewe. Dit is Jesus Christus, Hy wat nie sonde gedoen het nie. Jesus het gesterf, Hy was die offer. God het Hom gebruik om ons sonde te versoen. Maar nie net óns sonde nie, Hy het ook die sonde van al die mense in die wêreld versoen.
1 JOHANNES 2:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
1 JOHANNES 2:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
1 JOHANNES 2:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, sodat julle nie moet sondig nie; en wanneer iemand sondig, het ons Jesus •Christus, die Regverdige, as Parakleet by die Vader. En Hy is die versoening vir ons sondes – nie net vir óns sondes nie; maar ook vir dié van die hele wêreld.
1 JOHANNES 2:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
My kinders, hierdie dinge skryf ek aan julle, dat julle nie sondig nie. En as iemand sondig, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir die sondes van die hele wêreld.
1 JOHANNES 2:1-2 Die Boodskap (DB)
My liewe kinders, daar is ’n goeie rede waarom ek hierdie dinge aan julle skryf. Julle moet nooit iets doen waarvan God nie hou nie. As een van ons egter wel so ’n fout maak, kan ons daarvan seker wees: ons het Iemand wat ons op ’n baie besondere manier sal help. Hy sal vir ons gaan mooipraat by ons hemelse Vader. Ek praat natuurlik van Jesus Christus. Hy is die ideale Een om dit te doen, want die verhouding tussen Hom en die Vader is baie goed. Omdat Jesus dit vra, sal die Vader ons sondes oorsien. Jesus Christus is nie net bereid om dit vir óns te vra nie, maar ook vir elke mens op aarde wat bereid is om na Hom toe te kom.
1 JOHANNES 2:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige. Hy is die versoeningsoffer vir ons sondes. Nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele mensdom.