1 KORINTIËRS 9:9
1 KORINTIËRS 9:9 Bybel vir almal (ABA)
In die Wette van Moses is geskryf: Jy mag nie 'n bees se bek toebind wanneer hy die korrels uit die koring-are trap nie. Is God bekommerd oor die beeste of is Hy bekommerd oor óns?
1 KORINTIËRS 9:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want in die wet van Moses is geskrywe: 'n Os wat graan dors, mag jy nie muilband nie. Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?
1 KORINTIËRS 9:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die wet van Moses staan daar tog geskrywe: “Jy mag nie 'n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie.” Is dit miskien oor die beeste dat God Hom bekommer?