1 KORINTIËRS 9:7
1 KORINTIËRS 9:7 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet dat 'n soldaat nie vir sy eie kos betaal nie, en iemand wat 'n wingerd plant, mag van die druiwe eet, en iemand wat skape en bokke oppas, mag van hulle melk drink.
1 KORINTIËRS 9:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas 'n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?
1 KORINTIËRS 9:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie dien ooit op eie koste as soldaat? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrugte nie? Of wie pas vee op en geniet nie van hulle melk nie?