1 KORINTIËRS 9:12
1 KORINTIËRS 9:12 Bybel vir almal (ABA)
Julle sorg vir ander werkers in die gemeente. Daarom mag ek en Barnabas nog meer vra dat julle vir ons moet sorg. Ons kry swaar, maar ons kies om vir onsself te sorg. Want dan is ons seker dat daar niks is wat julle sal keer om te glo in die goeie boodskap van Christus nie.
1 KORINTIËRS 9:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.
1 KORINTIËRS 9:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle aan ander hierdie reg toestaan, kom dit ons dan nie nog meer toe nie? Maar van hierdie reg het ons nie gebruik gemaak nie. Inteendeel, ons dra al die koste self sodat ons geen hindernis in die weg van die evangelie van Christus sou lê nie.
1 KORINTIËRS 9:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As ander in hierdie aanspraak op julle deel, hoeveel te meer nie ons nie? Tog het ons nie van hierdie reg gebruik gemaak nie. Ons verdra eerder alles, sodat ons geen hindernis vir die evangelie van •Christus veroorsaak nie.
1 KORINTIËRS 9:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As ander hierdie mag oor julle deelagtig word, is ons nie eerder nie? Nietemin het ons nie hierdie krag gebruik nie; maar ly alles, sodat ons die evangelie van Christus nie verhinder nie.
1 KORINTIËRS 9:12 Die Boodskap (DB)
As julle voel dat julle mense wat geestelik onder julle werk so wil help, behoort julle ons nie eintlik voor in die ry te laat staan nie? Maar ons het liewer stilgebly as om vir julle te vra om ons te help om die pot aan die kook te hou. Ons wou nie hê dat enigiets wat ons doen mense moes afsit om na die wonderlike boodskap oor Christus te luister nie.