1 KORINTIËRS 6:9
1 KORINTIËRS 6:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet dat mense wat verkeerd lewe, nie sal kom waar God Koning is nie. Julle moet reg verstaan: Mense wat onsedelik lewe, sal nie kom waar God Koning is nie, ook nie mense wat afgode aanbid, of mans wat met ander mans se vroue seks het, of mans wat met ander mans seks het, of mense wat steel, of mense wat altyd meer en meer geld en goed wil hê, of mense wat altyd dronk is, of mense wat lieg en lelike dinge van ander mense sê, of mense wat ander mense aanval en hulle geld vat nie.
1 KORINTIËRS 6:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
1 KORINTIËRS 6:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen
1 KORINTIËRS 6:9 Die Boodskap (DB)
Besef julle nie dat dit nie die manier is om julle te gedra nie? Iemand wat nie wil leef soos God dit wil hê nie, is nie welkom in sy nuwe wêreld nie. Moenie julleself om die bos lei nie. Mense wat seks misbruik, of wat seks met persone van dieselfde geslag het, mense wat hulle nie steur aan die reëls van die huwelik nie, wat agter allerhande valse gode aanloop en wat ander se goed vat, sal nooit die binnekant van God se nuwe wêreld sien nie.