1 KORINTIËRS 6:11-12
1 KORINTIËRS 6:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Ja, party van julle het hierdie dinge gedoen. Maar nou het God julle sondes afgewas, Hy het julle aan Hom gewy. Hy het julle vrygespreek omdat julle aan die Here Jesus Christus behoort en omdat die Gees van ons God in julle harte gewerk het. Ek weet julle sê 'n mens mag alles doen. Maar julle moet onthou: Alles is nie goed vir 'n mens nie. Julle sê 'n mens mag alles doen, maar ek sê jy mag nie iets so belangrik laat word dat dit oor jou regeer nie.
1 KORINTIËRS 6:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
1 KORINTIËRS 6:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God. Daar is mense wat sê
1 KORINTIËRS 6:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So was sommige van julle ook, maar julle het julle laat was, julle is geheilig, en julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus •Christus en deur die Gees van ons God. “Alles is my geoorloof,” maar nie alles is voordelig nie. “Alles is my geoorloof,” maar ek sal my deur niks laat oorheers nie.
1 KORINTIËRS 6:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit was sommige van julle: maar julle is gewas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. Alles is my geoorloof, maar alles is nie nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal nie onder die mag van iemand gebring word nie.
1 KORINTIËRS 6:11-12 Die Boodskap (DB)
Julle herken seker hierdie beskrywings, want daar was ’n klomp van julle wat voorheen so geleef het. Maar julle lewe het verander - God het die sonde soos vuilgoed van julle afgewas; Hy het julle spesiaal net Syne gemaak. Julle saak met God is nou heeltemal reg. Daarvoor het die Here Jesus Christus self gesorg saam met die Gees van ons God. ’n Mens kan redeneer: “Ek mag enigiets doen.” Maar al mag jy volgens die reëls iets doen, beteken dit nie dat dit vir jou geestelik goed is nie. Ek kan sê: “Ek mag enigiets doen,” maar dit beteken glad nie dat ek myself in ernstige moeilikheid gaan laat beland nie.
1 KORINTIËRS 6:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daar was ’n tyd toe party van julle presies so was, maar nou is julle sonde afgewas en God het julle aan Homself toegewy. Julle is vrygespreekte mense op grond van wat die Here Jesus Christus en die Heilige Gees van God vir julle gedoen het. Jy kan dalk sê: “Ek mag nou enigiets doen.” Maar ek sal daarop antwoord: “Nie alles is vir jou goed nie. Selfs al sê jy ‘ek mag enigiets doen’, mag ek my nie deur enigiets laat verslaaf nie.”