1 KORINTIËRS 3:17
1 KORINTIËRS 3:17 Bybel vir almal (ABA)
As iemand die tempel van God ontwy, dan sal God daardie persoon straf, want die tempel van God behoort aan God. En júlle is daardie tempel.
1 KORINTIËRS 3:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
1 KORINTIËRS 3:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.
1 KORINTIËRS 3:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As iemand die tempel van God skade aandoen, sal God hom skade aandoen; want die tempel van God is heilig, en dié tempel is julle.
1 KORINTIËRS 3:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As iemand die tempel van God verontreinig, sal God hom vernietig; want die tempel van God is heilig, dit is julle.