1 KORINTIËRS 2:2 - Compare All Versions
1 KORINTIËRS 2:2 ABA (Bybel vir almal)
Ek het dit gedoen omdat ek vir julle net wou leer van Jesus Christus, en dat God Hom laat kruisig het.
1 KORINTIËRS 2:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.
1 KORINTIËRS 2:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde.
1 KORINTIËRS 2:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het besluit om by julle van niks anders te weet nie as van Jesus •Christus, en Hom as gekruisigde.
1 KORINTIËRS 2:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek het my voorgeneem om niks onder julle te weet nie, behalwe Jesus Christus en Hom as gekruisigde.
1 KORINTIËRS 2:2 DB (Die Boodskap)
Ek het dit doelbewus eenvoudig gehou: ek het julle van Jesus Christus kom vertel, die Jesus wat aan die kruis dood is.
1 KORINTIËRS 2:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood.