1 KORINTIËRS 2:10-12 - Compare All Versions

1 KORINTIËRS 2:10-12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God. Watter mens ken die verborge dinge van 'n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God. Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.

1 KORINTIËRS 2:10-12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want wie van die mense weet wat in 'n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het.

1 KORINTIËRS 2:10-12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar ons ken hierdie geheim omdat God dit deur sy Gees aan ons bekendgemaak het. Want die Gees deurvors alle dinge, ook God se diepste geheime. Niemand sal ooit die diepste gedagtes van ’n mens ken nie, behalwe daardie persoon se eie gees. Net so kan niemand God se diepste geheime ken nie, behalwe die Gees van God. Ons het die Gees ontvang wat van God uitgaan – nie dié van die wêreld nie – sodat ons kan besef watter wonderlike geskenke God aan ons gegee het.

1 KORINTIËRS 2:10-12 DB (Die Boodskap)

Ons weet nie hierdie dinge sommer vanself nie. God het dit vir ons met behulp van sy Gees kom verduidelik. Die Heilige Gees weet alles, tot alles wat in God se diepste gedagtes aangaan. Dit is net soos met ’n mens. Niemand weet wat binne-in jou omgaan behalwe jou gees nie. Net so weet niemand wat binne-in God omgaan behalwe God se Gees nie. Juis hierdie Gees het God vir ons gegee. Hy het nie sommer ’n gewone gees vir ons gegee wat niks van Hom af weet nie. Omdat ons God se Gees in ons het, kan ons presies begryp wat God so onverdiend vir ons gegee het. Die Gees vertel ons immers daarvan.

1 KORINTIËRS 2:10-12 ABA (Bybel vir almal)

God het die Heilige Gees gestuur om hierdie plan vir ons te wys. Die Gees vind alles uit oor alle dinge, ook oor die dinge van God waarvan niemand weet nie. Wie ken die dinge wat 'n mens dink? Net die gees van die mens ken dit. Dit is ook so by God: Niemand ken die dinge wat God dink nie, net God se Gees ken dit. Maar óns verstaan die dinge wat God vir ons gegee het. Hy het dit gegee omdat Hy genadig is vir ons. Ons verstaan dit omdat God vir ons sý Gees gegee het, nie die gees van die wêreld nie.

1 KORINTIËRS 2:10-12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar aan ons het God dit deur die Gees geopenbaar; want die Gees ondersoek alles, ook die dieptes van God. Want watter mens ken die dieptes van 'n mens, behalwe sy eie gees in hom? Net so ken niemand die dieptes van God nie, behalwe die Gees van God. Ons het tog nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat van God kom, sodat ons kan weet wat God genadiglik aan ons geskenk het.

1 KORINTIËRS 2:10-12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. Want watter mens weet die dinge van 'n mens, behalwe die gees van die mens wat in hom is? net so ken die dinge van God niemand nie, behalwe die Gees van God. Nou het ons nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die gees wat uit God is; sodat ons kan weet wat die dinge van God aan ons gegee is.