1 KORINTIËRS 15:5-7
1 KORINTIËRS 15:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Christus het verskyn aan Sefas, en daarna het Hy ook verskyn aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 gelowiges op dieselfde tyd verskyn. Baie van hulle lewe vandag nog, maar party het klaar gesterf. Daarna het Christus aan Jakobus verskyn, en toe aan al die apostels.
1 KORINTIËRS 15:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf. Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het. Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels
1 KORINTIËRS 15:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels.
1 KORINTIËRS 15:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en Hy het aan Sefas verskyn, en toe aan die twaalf. Daarna het Hy aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn, van wie die meeste nou nog leef, maar sommige al ontslaap het. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn, en toe aan al die •apostels.
1 KORINTIËRS 15:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dat hy gesien is van Céfas, daarna van die twaalf: Daarna is hy gesien uit meer as vyfhonderd broers tegelyk; van wie die meeste oorbly tot op hierdie oomblik, maar sommige het aan die slaap geraak. Daarna is hy deur Jakobus gesien; dan van al die apostels.
1 KORINTIËRS 15:5-7 Die Boodskap (DB)
Petrus het Hom eerste gesien nadat Hy lewendig geword het en later het al twaalf sy getrouste volgelinge Hom gesien. Daarna het Hy aan 500 mense gelyk verskyn. Party van hulle is al dood, maar die meeste van hulle lewe nog. Jakobus het toe aan die beurt gekom en daarna die apostels.
1 KORINTIËRS 15:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels.