1 KORINTIËRS 15:44
1 KORINTIËRS 15:44 Bybel vir almal (ABA)
Die mense begrawe 'n liggaam wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, maar God laat 'n liggaam lewe wat alles kan doen wat God wil hê. As daar 'n liggaam is wat nie alles kan doen wat God wil hê nie, dan moet daar ook 'n liggaam wees wat alles kan doen wat God wil hê.
1 KORINTIËRS 15:44 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
1 KORINTIËRS 15:44 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar 'n natuurlike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam.
1 KORINTIËRS 15:44 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat gesaai word, is 'n natuurlike menslike liggaam; wat opgewek word, is 'n geestelike liggaam. As daar 'n natuurlike menslike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam.
1 KORINTIËRS 15:44 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar word 'n natuurlike liggaam gesaai; dit word 'n geestelike liggaam opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.