1 KORINTIËRS 15:3
1 KORINTIËRS 15:3 Bybel vir almal (ABA)
Die belangrikste dinge wat ek vir julle geleer het, het die ander apostels vir my geleer, en dit is: Christus het ons sondes weggeneem toe Hy gesterf het. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is.
1 KORINTIËRS 15:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte
1 KORINTIËRS 15:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte
1 KORINTIËRS 15:3 Die Boodskap (DB)
Soos ek die boodskap van ander gehoor het, het ek dit ook vir julle vertel. Die hart van alles is dít: Christus het gesterf sodat ons nie self sal moet sterf vir al die verkeerde dinge wat ons voor God gedoen het nie. Dit is presies wat die Skrif voorspel het sou gebeur.