1 KORINTIËRS 15:22
1 KORINTIËRS 15:22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Almal van ons sterf omdat ons almal aan Adam, die eerste mens, verbonde is. Net so sal almal wat aan Christus, die ander mens, verbonde is, weer lewendig gemaak word.
1 KORINTIËRS 15:22 Bybel vir almal (ABA)
Ons is almal die nageslag van Adam, daarom sterf ons almal. Maar ons behoort ook aan Christus, en daarom sal God ons ook almal weer laat lewe.
1 KORINTIËRS 15:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word
1 KORINTIËRS 15:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word.
1 KORINTIËRS 15:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want soos almal deur Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word