1 KORINTIËRS 15:15
1 KORINTIËRS 15:15 Bybel vir almal (ABA)
Dan is ons ook vals getuies van God, omdat ons vertel dat God vir Christus weer laat lewe het. Want as die mense wat gesterf het, nie weer sal lewe nie, dan is dit nie waar dat God vir Christus weer laat lewe het nie.
1 KORINTIËRS 15:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
1 KORINTIËRS 15:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder sou dit beteken dat ons vals getuienis oor God afgelê het, omdat ons teen God in getuig het dat Hy Christus opgewek het. As dit dan waar is dat die dooies nie opgewek word nie, het Hy Christus ook nie opgewek nie.
1 KORINTIËRS 15:15 Die Boodskap (DB)
As Jesus nog dood is, beteken dit dat ons ’n klomp leuens oor God ook vertel, want ons sê mos dat Hy Christus lewendig gemaak het.