1 KORINTIËRS 14:26
1 KORINTIËRS 14:26 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, wat beteken dit alles? Dit beteken dat wanneer julle bymekaarkom, dan het elkeen 'n genadegawe, hy kan die Here daarmee dien. Daar is verskillende genadegawes: om 'n lied te sing, om iets vir ander mense te leer, om te vertel wat die Here vir jou gewys het, om in tale te praat, of om daardie tale te kan tolk. Maar onthou, alles moet só gebeur dat dit julle geloof sterker maak.
1 KORINTIËRS 14:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
HOE staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle 'n psalm of 'n lering of 'n taal of 'n openbaring of 'n uitlegging — laat alles tot stigting geskied.
1 KORINTIËRS 14:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik 'n bydrae om te lewer: 'n psalm, 'n onderwysing, 'n openbaring, 'n ongewone taal of klank, 'n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop.
1 KORINTIËRS 14:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat volg hieruit, broers? Wanneer julle saamkom, het elkeen 'n psalm, 'n lering, 'n openbaring, 'n taal of 'n uitleg. Laat alles steeds tot opbou geskied.
1 KORINTIËRS 14:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoe is dit dan, broeders? as julle bymekaarkom, het elkeen van julle 'n psalm, 'n leer, 'n tong, 'n openbaring, 'n uitlegging. Laat alles tot opbouing geskied.
1 KORINTIËRS 14:26 Die Boodskap (DB)
Wat moet dan nou gebeur as julle bymekaarkom? Wel, dit kan gebeur dat elkeen iets het om te doen. Die een wil ’n lied vir God sing, die ander een wil vertel wat hy van Jesus geleer het, ’n ander een het weer iets wat die Here hom spesiaal gewys het. Daar is miskien ook iemand wat in ’n spesiale taal wil praat of wat wil verduidelik wat met die spesiale taal gesê word. Onthou net, elke dingetjie wat gedoen word as die gemeente so saam is, moet krag in die gemeente inblaas. Die hele gemeente moet daardeur sterker gemaak word.
1 KORINTIËRS 14:26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wel, broers en susters, kom ons vat saam. As julle bymekaarkom, kom die een met ’n loflied, die ander een wil oor ’n saak onderrig gee, nog ’n ander een wil vertel van ’n openbaring wat hy of sy ontvang het, nog een wil in tale praat en ’n ander een wil dit uitlê. Goed so, maar laat alles so gedoen word dat dit tot opbou van die gemeente dien.