1 KORINTIËRS 14:20
1 KORINTIËRS 14:20 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle moenie soos kinders dink nie. Ja, wanneer julle verkeerde dinge wil doen, dan moet julle soos babas wees. Maar julle moet soos grootmense dink.
1 KORINTIËRS 14:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.
1 KORINTIËRS 14:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Broers, moenie in julle denke kinders wees nie. Wees onvolwasse in die slegte dinge, maar in julle denke volwasse.
1 KORINTIËRS 14:20 Die Boodskap (DB)
Liewe broers en susters, moet nou nie soos balhorige kinders wees wat nie na goeie raad wil luister nie. Druk wel julle ore toe as mense vir julle sê dat julle verkeerde dinge moet doen. Maar as dit by goeie dinge kom, spits julle ore en luister soos grootmense wat rede verstaan.