1 KORINTIËRS 13:5
1 KORINTIËRS 13:5 Bybel vir almal (ABA)
hy doen nie lelike dinge nie, hy is nie selfsugtig nie, hy word nie gou kwaad nie, hy onthou nie vir altyd dat mense slegte dinge aan hom gedoen het nie
1 KORINTIËRS 13:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie
1 KORINTIËRS 13:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
1 KORINTIËRS 13:5 Die Boodskap (DB)
om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie; om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie; om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie.