1 KORINTIËRS 13:1
1 KORINTIËRS 13:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
AL sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
1 KORINTIËRS 13:1 Bybel vir almal (ABA)
Miskien sal ek die tale van mense en van engele kan praat, maar as ek nie lief is vir God en vir ander mense nie, dan is ek soos 'n klok of soos 'n simbaal wat net raas.
1 KORINTIËRS 13:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.
1 KORINTIËRS 13:1 Die Boodskap (DB)
Sê nou maar ek is so “geestelik” dat ek die tale kon praat wat die engele in die hemel praat en selfs nog ’n klomp ander, maar ek het nie ander mense lief nie, wat dan? Vir die Here klink daardie “geestelike gepraat” dan na niks anders nie as ’n geraas soos iemand wat teen ’n yster kap.