1 KORINTIËRS 11:10
1 KORINTIËRS 11:10 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet die vrou iets op haar kop dra. So wys sy dat haar man haar hoof is. En dan is die engele ook tevrede.
1 KORINTIËRS 11:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom moet die vrou 'n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele.
1 KORINTIËRS 11:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom behoort die vrou 'n teken van die man se gesag oor haar op haar kop te hê ter wille van die engele.
1 KORINTIËRS 11:10 Die Boodskap (DB)
Daarom moet die vrou iets op haar kop dra om so te wys sy respekteer haar man. Selfs die hemelse wesens, die engele, sal dit kan sien. Noudat ons Christene is wat die Here dien, moet ons nie te veel argumenteer oor wie nou juis die belangrikste is, die man of die vrou, nie.