1 KORINTIËRS 1:9
1 KORINTIËRS 1:9 Die Boodskap (DB)
Julle kan God vertrou, want Hy doen altyd wat Hy beloof. Hy self het julle uitgenooi om Jesus Christus, ons Here, se goeie vriende te word.
1 KORINTIËRS 1:9 Bybel vir almal (ABA)
God sal doen wat Hy belowe het. Hy het julle gekies om saam met sy Seun, ons Here Jesus Christus, te wees.
1 KORINTIËRS 1:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.
1 KORINTIËRS 1:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
God is getrou, Hy wat julle geroep het om verenig te lewe met sy Seun, Christus Jesus, ons Here.
1 KORINTIËRS 1:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God is getrou, deur wie julle geroep is tot verbondenheid met sy Seun, Jesus Christus, ons Here.
1 KORINTIËRS 1:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap van sy Seun, Jesus Christus, onse Here.