1 KORINTIËRS 1:26
1 KORINTIËRS 1:26 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, God het julle gekies. Maar kyk wie is julle. Julle is nie slim of belangrik nie, en julle kom nie uit belangrike families nie.
1 KORINTIËRS 1:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie
1 KORINTIËRS 1:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dink maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie.
1 KORINTIËRS 1:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Broers, slaan ag op julle roeping: Menslik gesproke, is daar onder julle nie baie wyses, nie baie invloedrykes, of mense van adellike afkoms nie.
1 KORINTIËRS 1:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want julle sien julle roeping, broeders, dat daar nie baie wyse manne na die vlees geroep word nie, nie baie magtiges nie, nie baie edeles nie.
1 KORINTIËRS 1:26 Die Boodskap (DB)
My liewe vriende, dink ’n bietjie mooi na oor wie julle regtig was voor God julle uitgenooi het. Volgens mense was die meeste van julle maar dommerig en eenvoudig. Julle was maar gewone werkers sonder enige invloed wat uit die swakker deel van die dorp gekom het. Maar God werk anders. God het juis onbelangrike mense aan wie niemand hulle steur nie, gekies om die beterweterige mense wat dink hulle is belangrik, skaam te maak. God se keuse het geval op mense op wie almal trap omdat hulle sosiaal nie vir daardie mense iets kan beteken nie. Mense wat dink hulle is die room van die samelewing sal skaam en verleë voor hierdie arme onbelangrike mense moet kom staan.