1 KORINTIËRS 1:2
1 KORINTIËRS 1:2 Bybel vir almal (ABA)
skryf nou hierdie brief vir julle, die gemeente van God daar in Korinte. God het julle aan Hom gewy en julle glo in Christus Jesus. Ja, God het julle gekies om aan Hom te behoort. Ons skryf ook vir almal wat ons Here Jesus Christus aanbid, dit maak nie saak waar hulle woon nie. Jesus is hulle Here én ons Here.
1 KORINTIËRS 1:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here
1 KORINTIËRS 1:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aan die gemeente van God in Korinte, wat Hy vir Hom in Christus Jesus afgesonder en geroep het om aan Hom te behoort, en verder aan almal, waar hulle ook al mag wees, wat die Naam aanroep van Jesus Christus, hulle Here en ons Here.
1 KORINTIËRS 1:2 Die Boodskap (DB)
Aan die gemeente van God in Korinte. Dit is die mense wat aan God behoort omdat hulle Jesus Christus ken. God het hulle geroep om net vir Hom te leef. Die brief is ook bedoel vir al die mense wat ons Here Jesus Christus se gesag erken en Hom aanbid. Dit maak nie saak waar hulle is nie, net solank húlle Here óns Here is.