1 KORINTIËRS 1:19
1 KORINTIËRS 1:19 Bybel vir almal (ABA)
Want in die Ou Testament is geskryf: Ek sal die planne van die slim mense laat misluk, en die dinge wat slim mense dink, sal Ek laat verdwyn.
1 KORINTIËRS 1:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.
1 KORINTIËRS 1:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”
1 KORINTIËRS 1:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want daar staan geskryf: “Ek sal die wysheid van die wyses tot niet maak en die insig van die verstandiges verwerp.”
1 KORINTIËRS 1:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyses vernietig en die verstand van die verstandiges tot niet maak.