1 KRONIEKE 4:10
1 KRONIEKE 4:10 Bybel vir almal (ABA)
Jabes het tot die God van Israel gebid en gesê: “Ek bid dat U my baie sal seën en dat U baie grond vir my sal gee. Ek bid dat U my sal beskerm, sodat dit nie sleg sal gaan met my nie en sodat ek nie sal seerkry nie.” God het alles laat gebeur wat Jabes gevra het.
1 KRONIEKE 4:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.
1 KRONIEKE 4:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: “Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” God het laat gebeur wat hy gevra het.
1 KRONIEKE 4:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jabes het die God van Israel aangeroep: “As U my tog maar net sal seën, my grondgebied sal vergroot en as u hand by my sal wees! Weerhou onheil van my, sodat ek nie smart ervaar nie.” God het toe laat gebeur wat hy gevra het.
1 KRONIEKE 4:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: Ag, as U my waarlik wou seën en my gebied uitbrei, en dat u hand met my kan wees en dat U my van die kwaad sou bewaar, dat dit my nie bedroef nie! En God het hom gegee wat hy gevra het.