1 KRONIEKE 28:5
1 KRONIEKE 28:5 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het baie seuns vir my gegee, en van daardie seuns het Hy my seun Salomo gekies om op die troon te sit, die troon wat behoort aan die Here, die Koning van Israel.
1 KRONIEKE 28:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En uit al my seuns — want die HERE het my baie seuns gegee — het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die HERE oor Israel.
1 KRONIEKE 28:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit al my seuns, want die Here het my baie seuns gegee, het Hy my seun Salomo gekies om te sit op die troon van waar die Here self oor Israel regeer.
1 KRONIEKE 28:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En uit al my seuns – want die HERE het vir my baie seuns gegee – het Hy my seun Salomo gekies om op die koninklike troon van die HERE oor Israel te sit.
1 KRONIEKE 28:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En uit al my seuns, want die HERE het my baie seuns gegee, het Hy my seun Salomo gekies om op die troon van die koninkryk van die HERE oor Israel te sit.