1 KRONIEKE 28:21
1 KRONIEKE 28:21 Bybel vir almal (ABA)
Hier is groepe priesters en Leviete wat al die werk in die tempel sal doen, en by jou is daar vaardige mense wat alles kan en wil doen wat hulle moet doen. Die leiers en die hele volk sal doen wat jy sê.”
1 KRONIEKE 28:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar is die afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die huis van God; verder het jy by jou in elke soort werk allerhande kunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake.
1 KRONIEKE 28:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die afdelings priesters en Leviete is gereed vir die volledige tempeldiens, en daar is vakmanne tot jou beskikking wat bedrewe is in al die soorte werk vir elke diens, terwyl die amptenare en die hele volk op jou bevele wag.”
1 KRONIEKE 28:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hier is die afdelings van die priesters en Leviete, gereed vir elke diens in die huis van God. En by jou, met die oog op elke taak, is daar verskillende vrywilligers met vaardigheid vir elke soort diens. Die leiers en die hele volk is gereed vir al jou opdragte.”
1 KRONIEKE 28:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, die afdelings van die priesters en die Leviete, hulle moet by jou wees vir die hele diens van die huis van God; ook die vorste en die hele volk sal geheel en al op u bevel wees.