1 KRONIEKE 28:19
1 KRONIEKE 28:19 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het gesê: “Alles wat ek vir julle laat skryf het, kom van die Here. Hy het duidelik vir my gesê wat julle alles moet doen en hoe julle dit moet doen.”
1 KRONIEKE 28:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit alles — al die werke van die voorbeeld — het Hy my geleer volgens 'n beskrywing uit die hand van die HERE wat oor my was.
1 KRONIEKE 28:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit alles, die hele uitvoering van die werk, het Dawid deur 'n openbaring van God te wete gekom en hy het dit op skrif gestel.
1 KRONIEKE 28:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Dit alles, die volledige uitvoering van die plan, is op skrif uit die hand van die HERE, wat oor my was,” het Dawid gesê.
1 KRONIEKE 28:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit alles, het Dawid gesê, het die HERE my skriftelik deur sy hand op my laat verstaan, al die werke van hierdie voorbeeld.