1 KRONIEKE 22:9
1 KRONIEKE 22:9 Bybel vir almal (ABA)
Kyk, jy sal 'n seun kry, en hy sal lief wees vir vrede. Ek sal hom laat rus, vyande sal nie oorlog maak teen hom nie. Ja, sy naam sal Salomo wees, en in die tyd wanneer hy koning is, sal Ek dit goed laat gaan in die land Israel, alles sal stil wees.
1 KRONIEKE 22:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word; hý sal 'n man van rus wees, en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.
1 KRONIEKE 22:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy gaan 'n seun hê wat 'n man van vrede sal wees, want Ek sal hom rus gee van al sy vyande rondom hom. Daarom sal sy naam Salomo wees: Ek sal vrede en kalmte aan Israel gee tydens sy regering.
1 KRONIEKE 22:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word. Hy sal 'n rustige man wees, en Ek sal hom rus gee van al sy vyande aan alle kante. Ja, Salomo sal sy naam wees, en Ek sal vrede en kalmte aan Israel skenk in sy dae.
1 KRONIEKE 22:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word, wat 'n man van rus sal wees; en Ek sal hom rus gee van al sy vyande rondom, want sy naam sal Salomo wees, en Ek sal vrede en stilte aan Israel gee in sy dae.