1 KRONIEKE 22:8 - Compare All Versions
1 KRONIEKE 22:8 ABA (Bybel vir almal)
maar Hy het vir my gesê: ‘Dawid, jy het baie mense doodgemaak en jy het baie oorlog gemaak. Jy mag nie 'n tempel bou vir My nie, want Ek het gesien hoe baie mense jy doodgemaak het op die aarde.
1 KRONIEKE 22:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.
1 KRONIEKE 22:8 AFR83 (Afrikaans 1983)
maar die woord van die Here het tot my gekom en gesê: ‘Jy het bloed in strome laat vloei en groot oorloë gevoer. Jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, want jy het voor my oë te veel bloed op die aarde laat vloei.
1 KRONIEKE 22:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar die woord van die HERE het tot my gekom en gesê, ‘Jy het te veel bloed vergiet en groot oorloë gevoer. Jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, omdat jy so baie bloed voor My op die aarde vergiet het.
1 KRONIEKE 22:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Jy het baie bloed vergiet en groot oorloë gevoer; jy mag vir my Naam geen huis bou nie, omdat jy voor my oë baie bloed op die aarde vergiet het.
1 KRONIEKE 22:8 DB (Die Boodskap)
Maar die Here het vir my laat weet: ‘Jy het baie mense in jou groot veldslae doodgemaak. Omdat jy soveel bloed laat vloei het, is jy nie die een wat ’n tempel ter ere van my Naam moet bou nie.
1 KRONIEKE 22:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Maar die HERE het vir my gesê: ‘Jy het baie mense doodgemaak in die groot oorloë waarin jy geveg het. Omdat jy so baie bloed voor My op die grond vergiet het, is jy nie die een wat ’n tempel tot my eer sal bou nie.