1 KRONIEKE 22:18
1 KRONIEKE 22:18 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het gesê: “Julle God die Here was by julle, Hy het julle laat wen teen al julle vyande. Hy het my laat wen teen die mense wat in die land gewoon het. Die Here en sy volk kon oor almal in die land regeer.
1 KRONIEKE 22:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Was die HERE julle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van die HERE en voor sy volk onderwerp.
1 KRONIEKE 22:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Was die Here julle God nie by julle nie en het Hy julle nie op alle grense rus gegee nie? Hy het die inheemse bevolking van die land in my mag gegee, en die land is aan die Here en sy volk onderwerp.