1 KRONIEKE 16:30
1 KRONIEKE 16:30 Bybel vir almal (ABA)
Al die mense op die aarde, julle moet bang wees vir Hom en bewe. Hy laat die aarde vas staan, dit skud nie.
1 KRONIEKE 16:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
1 KRONIEKE 16:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. Die wêreld staan vas, dit wankel nie.
1 KRONIEKE 16:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bewe vanweë sy teenwoordigheid, o ganse aarde! Ja, die wêreld staan vas, dit wankel nie.
1 KRONIEKE 16:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vrees voor sy aangesig, o ganse aarde; ook die wêreld sal stabiel wees, dat dit nie wankel nie.