1 KRONIEKE 16:1
1 KRONIEKE 16:1 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het die kis van God gebring en hulle het dit neergesit in die tent wat Dawid laat opslaan het om die kis in te sit. Daarna het hulle brand-offers en ete-offers vir God gebring.
1 KRONIEKE 16:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
NADAT hulle die ark ingebring en dit neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het hulle brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van God.
1 KRONIEKE 16:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Leviete het die ark van God ingebring en dit neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Daarna het hulle vir God brandoffers en maaltydoffers gebring.
1 KRONIEKE 16:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het die ark van God ingeneem en dit neergesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het. Daarna het hulle •brandoffers en •maaltydoffers voor God gebring.
1 KRONIEKE 16:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hulle het toe die ark van God gebring en dit in die middel van die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, neergesit en brandoffers en dankoffers voor God gebring.