Hy sien toe op 'n afstand 'n vyeboom met blare aan en gaan daarheen om te kyk of Hy nie miskien 'n vy daaraan kry nie. Toe Hy daar kom, kry Hy niks nie, net blare, want dit was nie vyetyd nie. Hy sê toe vir die boom: “Van jou sal niemand tot in der ewigheid ooit weer vye eet nie.” Sy dissipels het dit gehoor. Hulle kom toe in Jerusalem aan. Jesus het na die tempel toe gegaan en die mense wat op die tempelplein besig was om te koop en te verkoop, daar begin uitjaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi. En Hy het niemand toegelaat om goed oor die tempelplein te dra nie. Toe het Hy die mense geleer en vir hulle gesê: “Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed vir al die nasies wees’ nie? Maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.” Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes het dit gehoor en het na 'n plan gesoek om Hom om die lewe te bring, want hulle was bang vir Hom, omdat al die mense deur sy leer aangegryp is. Toe dit aand geword het, het Jesus en sy dissipels uit die stad uit weggegaan. Toe hulle die volgende môre vroeg by die vyeboom verbygaan, sien hulle dat hy tot in sy wortels verdroog is. Gedagtig aan wat Jesus gesê het, sê Petrus vir Hom: “Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.”
Lees MARKUS 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: MARKUS 11:13-21
8 dae
Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waarom dit plaasgevind het, alhoewel dikwels tragies, is dit tog uiteindelik goeie nuus. Daar sal elke dag 'n kort leesstuk uit 'n psalm, een van die Ou Testamentiese profete en 'n paar verse uit die Nuwe Testament wees. Daar sal ook 'n kort oordenking wees om jou deur daardie gedeeltes te lei om die diepsinnige van Jesus se laaste dae op aarde te besef.
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's