ESEGIËL 18:10-13

ESEGIËL 18:10-13 AFR83

“Maar so iemand kan 'n wilde seun hê wat moord pleeg of van dié sondes doen terwyl die pa dit nie gedoen het nie. As die seun aan die offermaaltye op die berge deelneem, 'n ander se vrou onteer, die mens in nood en die arme verdruk, mense beroof, goed wat hy in pand geneem het, nie teruggee nie, hulp soek by afgode en so afskuwelike dade pleeg, geld op rente uitleen of woekerwins vat, kan hy nie bly lewe nie. Hy sal nie bly lewe nie, hy het al hierdie afskuwelike dinge gedoen en hy moet dood. Hy verdien die dood.